Moontlike wyer geemenskapsoordrag sluit Auckland vir nog ‘n week

Die eerste minister van Nieu-Seeland, Jacinda Ardern, het Auckland se streng inperking vir minstens nog ‘n week verleng om die verspreiding van die hoogs-aansteeklike Delta-variant van die koronavirus te bekamp. Die land het die afgelope naweek 54 nuwe Covid-19-gevalle aangemeld en gister 33. Ardern sê hoewel daar nie wydverspreide oordrag in Auckland of die res van die land is nie, dui die gevalle wat nie met mekaar verbind word nie op moontlike oordragkettings in die wyer gemeenskap: