Moontlike ooreenkoms tussen TransNamib en Anicet Baum
TransNamib se dringende aansoek teen Anicet Baum, die likwidateur van Challenge Air wat in 2017 aansoek gedoen het vir die likwidasie van Air Namibia, kom weer vanoggend voor regter Herman Oosthuizen voor. In sy stukke sê TransNamib hy vra dat die kostebevel wat in daardie aansoek deur regter Thomas Masuku teen TransNamib uitgereik is, ter syde gestel moet word. Hy sê Anicet Baum het net kostes geëis van respondente wat verdedig het, en TransNamib het nie verdedig nie. Die maatskappy vra ook vir ‘n beslagleggingsbevel wat in die 2017-saak uitgereik is, om ter syde gestel te word. Hy vra ook vir die herlewing van ‘n 2004-uitspraak in sy guns van net minder as 2,5 miljoen Namibiese dollar. ‘n Moontlike ooreenkoms deur die partye sal vandag in die hof aangehoor word.