Moontlike ontluste vandag – SAPS behoort voorbereid te wees

Wetstoepassers in Suid-Afrika het die publiek die versekering gegee hulle gereed is om die dreigement van ‘n nasionale afsluiting en onluste vandag af te weer. Die buurland se nasionale polisiewoordvoerder Mathapelo Peters maan diegene wat geweld aanblaas dat dit ‘n strafregtelike oortreding is. Die politieke ontleder, professor Andre Duvenhage, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die Suid-Afrikaanse regering hierdie keer beter voorbereid behoort te wees.