Moontlike nuwe oliebron beteken Namibië kan dalk raffinadery bou

Ekonome meen die nuus dat Tower Resources PLC, wat in Londen gesetel is, sê hy het moontlik miljarde vate olie aflandig van die Skedelkus ontdek het, is goeie nuus. Die data toon duidelike bewyse van ‘n werkende petroleumstelsel wat teenwoordig is binne die Dolphin Graben-gebied in PEL-96, gebaseer op olie wat uit verskeie putkerne herwin is en direkte koolwaterstofaanwysers wat op seismiese toetse waargeneem is. Kosmos 94.1 nuus het met Gabriel Erastus, ‘n plaaslike ekonoom, gesels en hy sê sou die ontdekking realiseer, kan Namibië selfs ‘n raffinadery ontwikkel.