Monique Smith word as mej. Supranational Namibia gekroon

Monique Smith, van Walvisbaai, is gisteraand as mej. Supranational Namibia gekroon. Sy neem die titel en pligte van Chanique Rabe, wat onlangs as Miss Supranational 2021 gekroon is, oor. Smith is geen vreemdeling in die wêreld van skoonheidskompetisies nie. Sy is voorheen gekroon as Mej De Duine Sekondêre Skool 2013, Mej Walvisbaai 2014 sowel as Mej Toerisme Wêreld Namibië 2014.