Mokuti Etosha trek nuwe baadjie aan

O&L Leisure, ‘n filiaal van die Ohlthaver en List-groep, het ‘n nuwe baadjie vir Mokuti Etosha aangetrek. Dit is een van O&L Leisure se lodges wat net 40 meter vanaf die hek van die Etosha Nasionale Park geleë is. Die lodge se ontvangs, hoof-restaurant en swembad-kroegarea, insluitend ‘n splinternuwe kinderswembad, het die afgelope 15 maande ‘n volledige opknapping ondergaan. Die voorsitter van die O&L-groep Sven Thieme…