Moerdertaal bly uiters belangrik

Internasionale Moedertaaldag word jaarliks op 21 Februarie gevier om die bewustheid van taalkundige en kulturele verskeidenheid asook veeltaligheid te bevorder. Dit is op 17 November 1999 deur Unesco aangekondig. Hierdie viering is ook amptelik erken deur die Verenigde Nasies. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Karien Brits, ‘n taalpraktisyn van Akademia, wat weereens die belangrikheid beklemtoon van moedertaal-onderrig.