Moenie vanaand se meteorreën misloop nie!

As jy ’n aanhanger van sterrekyk is, maak seker jy slaan vanaand jou oë op na die hemelruim. Terwyl die Delta Aquariides-meteoorreën Vrydagaand amptelik sy hoogtepunt bereik, is vanaand jou beste kans om verskietende sterre te sien. Dit is omdat daar vanaand ‘n Nuwe Maan sal wees – die fase van die Maan waarin die verligte kant na die Son kyk, wat ons maan-satelliet onsigbaar maak in die nagruim. Die Suid-Afrikaanse astrofisikus aan die Vrystaatse Universiteit, professor Pieter Meintjies