Moenie laat slap lê nie – Ramaphosa

President Cyril Ramaphosa het Suid-Afrikaners bedank vir hul goeie wense nadat hy positief getoets is vir Covid-19. Die Presidensie het gister bevestig die president het begin sleg voel nadat hy gister die gedenkdiens van oudpresident FW de Klerk in Kaapstad bygewoon het. In ‘n twiet het Ramaphosa gesê hy herstel en sy boodskap van die week is: Moenie laat slap lê nie. Doen alles wat jy kan om veilig te bly en begin met die inenting. Hy voeg by inentings verlaag die kanse op ernstige siekte, hospitalisasie en die dood ingrypend.