Moenie ineperk om intentingsveldtog se mislukking te verbloem nie

Die DA sê om die ekonomie tot stilstand te bring om die gebrekke van die inentingsveldtog weg te steek, is bloot om sout in wonde te vryf. Die party het gereageer op stappe vir verdere beperkings om die derde vlaag van Covid-19 hok te slaan. Die DA se leier, John Steenhuisen, het die stadige vordering met die entstofverspreidingsprogram veroordeel en gesê heelwat minder as een persent van Suid-Afirkaners is ten volle ingeënt. Hy het daarop gewys dat die land ver agter ander lande is met sy veldtog: