Moenie droogtehulp uitbrei nie, stel BIG in

In ‘n toespraak by die bekendstelling van die nasionale platform oor die implementering van die 2024/2025 droogtehulpprogram, het premier Saara Kuugongelwa-Amadhila aangekondig dat die voorwaardelike basiese inkomstetoelaag na stedelike sentrums uitgebrei sal word. Hierdie program betaal tans 600 Namibiese dollar per huishouding per maand aan voormalige Voedselbank-begunstigdes. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ben Schernick, die direkteur van die Nutrition and Food Security Alliance of Namibia, wat sê dit is ‘n stap in die regte rigting, maar ‘n behoorlike basiese inkomstetoelaag is nodig om almal te help, nie net sommiges nie.