Moenie droogtehulp-kos koop nie!

Die Kantoor van die Eerste Minister vra die publiek om nie droogtehulp-items te koop nie en om die Namibiese Polisie in kennis stel van enige verdagte verkope van voedselitems in hul areas. Dit kom na die diefstal van sekere voedselitems wat vir die droogtehulpprogram bedoel is uit die Oshikango-pakhuis in die Ohangwena-streek. Die verdagtes is deur die polisie aangekeer, en deeglike ondersoeke duur voort. Die Kantoor doen ‘n beroep op al 14 streeksrade om droogtehulp-voedselitems te beskerm en die tydige verspreiding van die items aan die beoogde begunstigdes te verseker.