Moenie besonderhede deel nie, ook nie per telefoon nie

Lede van die publiek kla weer oor talle oproepe wat hulle ontvang, kwansuis van verskeie plaaslike banke dat of hulle kaarte is gekloon en word in die Noorde gebruik, of, dat hulle bankkaarte as ‘n guns deur die bank reeds vervang is en moet net geaktiveer word. Die persone vra dan vir privaat bankbesonderhede en so word rekeninghouers ingeloop. Nampol se Hoofinspekteur Elifas Kuwinga het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en lede van die publiek gemaan om nie besonderhede te deel nie…