Mo Farah nie seker oor Londen-marathon nie

Die viermalige Britse Olimpiese kampioen, Mo Farah, sê hy is steeds onseker of die Londen-marathon in April sy laaste mededingende deelname sal wees. Die 39-jarige atleet verwag dat 2023 sy laaste jaar van deelname voor aftrede sal wees. Farah kon verlede jaar weens ‘n heupbesering nie aan die marathon deelneem nie en dit sal sy eerste volledige marathon sedert 2019 wees. Hy het toe vyfde gekom. Farah sê hy is baie trots op wat hy bereik het en wil homself nog een kans gee om te sien wat hy kan vermag.