Mnyupe sê oor groenwaterstof-projekte

Die groenwaterstofkommissaris, James Mnyupe, sê Namibië sal binnekort begin met die konstruksie van verskeie loodsprojekte onder die groenwaterstofstrategie vir Namibië. Hy sê vier projekte, naamlik die Daure-landbouprojek, Namport Logistics Application-projek, die Cleanergy Refueling-projek en die TransNamib Logistics-projek, sal in die Erongo-streek afskop met 500 miljoen Namibiese dollar van die Duitse regering. Die Cleanergy Refueling-projek kyk na die omskakeling van die hawe se vaartuie na waterstof-dubbelbrandstoftegnologie met gepaardgaande infrastruktuur wat by die hawe ontwikkel sal word. Hy voeg by dat die waterstof-diesel-dubbelbrandstof-lokomotief-loodsprojek van Walvisbaai tot by die Kranzberg-korridor sal 50 lokomotiewe na groen waterstof-dubbelbrandstof omskakel.