‘Mnangagwa is ‘n outokraat’

President Emmerson Mnangagwa se regering word gekritiseer vir sy outokratiese benadering, veral in verband met die media. Zimbabwe se privaat mediahuise gaan gebuk onder druk en in die jongste voorval is ‘n vryskut joernalis wat werksaam is vir die New York Times in hegtenis geneem. Jeffrey Moyo was reeds drie weke agter tralies met wat beskryf word as ongegronde klagtes van die vervalsing van akkreditasie vir twee besoekende Amerikaanse joernaliste. Tendai Biti, adjunkpresident van die opposisie-party, die MDC Alliance, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.