MIV-reaksie kry hupstoot met VSA-skenking

Reaksie word ontvang op die 1,3 miljard Namibiese dollar wat die VSA bewillig het vir sy MIV-programme in Namibië. Die fondse sal deur die Pepfar-program aangewend word. Thomas Ukola van die direktoraat vir maatskaplike programme sê die fondse sal verskeie belangrike inisiatiewe ondersteun.