MIV-behandeling vir kinders beskikbaar

Die langverwagte MIV-behandeling wat spesifiek vir kinders ontwerp is, is nou beskikbaar in lae- en middel-inkomste lande, danksy ‘n ooreenkoms van UNITAID en die Clinton Health Access Initiative. Die Namibiese ministerie van gesondheid is opgewonde dat die behandeling uiteindelik in Namibië is. Die Sentrum vir Siektebeheer se waarnemende hoof in Namibië, dr. Steven Hong, verduidelik die proses.