MIV: 12 Afrikalande neem af, Zambië neem toe

Die Globale Fonds het sy jaarverslag vir 2021 gepubliseer. Die fonds werk met MIV, tuberkulose en meer, regoor die wêreld. Volgens die fonds het nuwe MIV-infeksies, veral in die 15 tot 24 ouderdomsgroep in 13 Afrikalande, wat Namibië insluit, in die afgelope tien jaar, tussen 2010 en 2020 gedaal. In Namibië het nuwe gevalle van MIV in die ouderdomsgroep met amper 50 persent gedaal en dit is so vir al die lande behalwe Zambië wat ‘n toename in gevalle van amper 15 persent aangeteken het. Meisies en vroue in die ouderdomsgroep is ook meer kwesbaar as seuns en mans en teen 2020 is hulle drie keer meer waarskynlik MIV op te doen as die seuns en mans.