Misdadigers teiken 38 Wes-Kaapse skole

Die Wes-Kaapse onderwysdepartement sê misdadigers het die afgelope skoolvakansie 38 skole geteiken, hoofsaaklik in die metro-onderwysdistrikte. Die LUR vir onderwys, David Maynier, sê dit is minder as die 42 skole wat in dieselfde vakansietydperk in 2022 deurgeloop het. Aangemelde voorvalle sluit inbraak en opsetlike beskadiging in. Maynier sê die koste om vernielde items te vervang en te herstel, word nog bereken.