Misdaadhof ondersoek oorlogmisdade

Die aanklaer in die Internasionale Misdaadhof in Den Haag, Karim Khan, sê hy sal ‘n ondersoek van stapel stuur na moontlike oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom in Oekraïne. Dit volg nadat Russiese magte gister vuurpylaanvalle uitgevoer het wat tot die dood van tientalle inwoners van die tweede grootste Oekraïnse stad Kharkiv gelei het. Khan sê die ondersoek sal vermeende misdade insluit wat voor die Russiese inval plaasgevind het. Dit sal egter ook alle nuwe vermeende misdade deur enige party insluit. Khan sê hy wag net op die misdaadhof-regters se goedkeuring voordat die ondersoek voortgaan.