Misdaad teen toeriste wek groot kommer
Die toename in toerisme-verwante misdaad in Namibië, insluitend diefstal, inbrake en gewelddadige voorvalle wat internasionale toeriste teiken, is ‘n bron van groot kommer. Aangesien toerisme ‘n beduidende sektor van die land se ekonomie is, is die beveiliging van die bedryf van kardinale belang. Die Namibiese Polisie het veiligheidsveldtogte by sleuteltoegangspunte en gewilde toeristeplekke van stapel gestuur om besoekers te beskerm en korrupsie te bekamp. ’n Groep genaamd Tourism Against Crime, TAC, het ook met NamPol begin saamwerk om veiligheidsmaatreëls vir toeriste te verbeter. Peter Boer, een van die groep se stigters, het aan Kosmos 94.1 gesê TAC wil die bedryf en sy werksgeleenthede beskerm.