Misdaad neem toe, wees versigtig, vra Nampol

Die Namibiese polisie het weer ‘n beroep op lede van die publiek gedoen om uiters versigtig te wees omdat misdaad skerp toeneem. Volgens die mag se woordvoerder, adjunkkommissaris Kauna Shikwambi neem veral roof toe en in meer en meer gevalle is dit gewapen of gepaard met geweld. Persone word beroof by kitsbanke en ook net na hulle banke besoek het. Shikwambi sê dit is beter om transaksies aanlyn te doen of, om te verseker dat ‘n betroubare persoon jou vergesel, veral wanneer daar gebruik gemaak word van openbare vervoer. Misdaad neem tradisioneel in Namibië toe in aanloop tot die feesseisoen.