Minstens 8 dood in Turkse brande

Minstens agt mense is dood in die verwoestende bosbrande wat steeds in Turkye woed. Duisende mense moes hul huise verlaat en toeriste is per boot van strande na veiligheid geneem. Daar word berig dat sewe brande gister aangeblaas is deur sterk wind te midde van temperature bo 40 grade Celsius en ‘n lae humiditeit. Sestien vliegtuie en 51 helikopters is vir brandbestryding in die suidweste van Turkye ingespan. Inwoners van Marmaris het self die brand by die dorp probeer blus deur houers water teen ‘n berghang op te dra. Hulle het aan media gesê die Turkse regering doen nie genoeg om hulle te help nie.