Ministerie wil weer met FAFA vergader

Die sage in verband met kleinhandelaars in brandstof duur voort. Die Namibiese ministerie van myne en energie se uitvoerende direkteur Simeon Negumbo het ‘n uitnodiging aan die handelaars se vereniging, FAFA, gerig en die voorsitter Hennie Krüger uitgenooi om nog twee of drie lede saam te bring vir ‘n vergadering volgende Dinsdag om tien-uur. Negumbo sê die kwessies wat bespreek sal word is dieselfde as tydens Maandag se vergadering maar, dat dit ‘n gulde geleentheid sal bied om terugvoer te gee. Die handelaars eis ‘n aanpassing in die heffings. Hulle meen hulle winsmarge is onvolhoubaar laag.