Ministerie vol vertroue oor De Klerk-uitlewering

Plaaslike media berig dat die justisieministerie vol vertroue is dat die uitlewering van die Windhoek-regsman Maren de Klerk, wat met die Fishrot-skandaal verbind word, suksesvol sal wees. Die aansoek is reeds in Oktober verlede jaar ingedien in Suid-Afrika, waarheen De Klerk verhuis het in Februarie 2020, drie maande na die eerste hoë-profiel verdagtes in hegtenis geneem is. Hy word daarvan beskuldig dat hy miljoene in Fishrot-inkomste deur sy regsfirma, DHC Incorporated, na begunstigdes oorbetaal het. Hy het ‘n 400-blad beëdigde verklaring ingedien en gesê dat hy onder die indruk was dat dit skenkings vir Swapo was en dat President Hage Geingob die instruksie daarvoor gegee het.