Ministerie vergader met belanghebbendes oor 7-sitplek taxi’s

Die Namibiese ministerie van werke en vervoer het in alle streke konsultasie-vergaderings gehou oor die sewe-sitplekvoertuie wat mense oor lang afstande vervoer. Die ministerie het baie voorstelle ontvang en een van die voorstelle was om te verhoed dat sewe-sitplekvoertuie mense oor lang afstande vervoer. Die ministerie het dus besluit om aan die voorstel te werk en gaan ‘n nuwe vervoer-wetsontwerp in die Nasionale Vergadering ter tafel lê. Die woordvoerder van die minister, Julius Ngweda, sê aan Kosmos 94. Nuus die wetsontwerp het ten doel om sewe-sitplekvoertuie te beperk om oor korter afstande passasiers te vervoer.