Ministerie van binnelandse sake appelleer teen Lühl-uitspraak

Die Namibiese ministerie van binnelandse sake het vandag appèl aangeteken teen die mylpaal-uitspraak van Regter Thomas Masuku op 13 Oktober, wat Namibiese burgerskap deur afkoms verleen het aan die twee-jarige seun van die Namibiër Phillip Lühl, wat deur surrogaatskap gebore is in Maart 2019. Die appèlstryd is op pad na die hooggeregshof, waar die ministerie sal aanvoer dat die uitspraak op ‘n aantal punte foutief en verkeerd was, insluitend die afwysing van hul eis vir ‘n DNS-toets om vaderskap tussen die seun en sy pa Phillip te bewys.