Ministerie stel ondersoek in na skudding by Kamanjab

Die ministerie van myne en energie het bevestig dat ‘n skudding ongeveer ses-uur vanoggend tussen Palmwag en Kamanjab plaasgevind het. Volgens Bufelo Lushetile, die adjunkdirekteur vir geofisika by die ministerie sê data word steeds geanaliseer.