Ministerie sê oor masels

Die Wêreldgesondheidsorganisasie maan oor ‘n dreigende masels-uitbreking. Volgens die WGO het byna 40 miljoen kinders hulle roetine entstof dosis in 2021 misgeloop weens struikelblokke wat deur die Covid-pandemie geskep is. Maar, die organisasie voeg by dat gevalle nog nie dramaties toegeneem het in vergelyking met vorige jare nie. Daar was in die eerste nege maande van die jaar ongeveer 30 uitbrekings van masels wêreldwyd, waaronder Namibië en Zimbabwe ook gevalle gehad het. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die Namibiese gesondheidsministerie, Walters Kamaya, gesels oor die stand van sake in die land.