Ministerie brei visverbruik-pogings uit
Die regering beoog om jaarliks ‘n minimum visverbruik van 20kg per persoon te bereik en te verseker dat ongeveer 100 000 metrieke ton maasbanker plaaslik verkoop word. Dit is volgens visserye-minister Derek Klazen by die bekendstelling van Nasionale Visverbruiksdag op Walvisbaai. Die Nasionale Visverbruik-promosietrust het die Agentskapverspreidings-loodsprojek op 19 April vanjaar afgeskop. Dit sal gemeenskapsgebaseerde entrepreneurs bemagtig om vis en visprodukte te verkoop. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die Visverbruik-promosietrust se uitvoerende hoof, Victor Pea, oor hoe die loodsprojek werk.