Ministerie berei voor vir skoolvoeding in ’23

Die Namibiese Skoolvoedingsprogram, wat ongeveer helfte van die meer as 800 000 leerders in die land met voedsel voorsien is ‘n integrale deel van die regering se strategie om ongelykhede aan te spreek en toegang tot opvoedkundige geleenthede vir alle kinders uit te brei. Die skoolvoedingsprogram het ‘n paar uitdagings gehad wat ‘n vertraging in die verkrygingsproses veroorsaak het wat gelei het tot noodverkrydingsmaatreëls. Die adjunk-uitvoerende direkteur in die onderwysministerie, Edda Bohn, gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor die beplanning vir volgende jaar om te verseker dat dié uitdagings voorkom word.