Minister verwag oplewing in Covid-19-gevalle in Suid-Afrika

Die Suid-Afrikaanse gesondheidsminister, Joe Phaahla, verwag ‘n oplewing in Covid-19-besmettings vanaf middel Desember tot vroeg Januarie, wat die vierde vlaag sal meebring. Ander kenners voorspel lank reeds ‘n vierde vlaag teen die einde van die jaar in die buurland. Phaahla sê net meer as 13-miljoen Suid-Afrikaners, of 33-persent van die volwasse bevolking, is ten volle ingeënt. Hy beklemtoon hoewel niemand ‘n vierde vlaag akkuraat kan voorspel nie, is gebeurlikheidsplanne in plek om die uitwerking daarvan te probeer versag.