Minister loof Chani

Namibië se Chani Rabe het Saterdag die titel van mej. Supranational 2021 huis toe gebring. Chani is in November 2020 as mej. Supranational Namibia gekroon, maar kon eers vanjaar meeding vir die internasionale titel nadat die 2020-weergawe weens die Covid-pandemie uitgestel is. Die minister van jeug en sport, Agnes Tjongarero, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê sy is opgewonde en trots op Chani.