Minimumloon word vandag in Otji bespreek

Die Namibiese ministerie van arbeid het vroeër vanjaar die loonkommissie op die been gebring. Die doel van die kommissie is om openbare verhore te hou in ‘n poging om die ministerie te help om die kwessie van minimum lone aan te spreek. Verhore sal die week op Otjiwarongo, Swakopmund en in Windhoek gehou word. Die verhoor op Otjiwarongo is vanoggend nege uur in die Swaneveldersaal, Orwetoveni.