Minimumloon vir Namibiese konstruksiebedryf vasgestel

Die minimumloon vir die Namibiese konstruksiebedryf van 17 Namibiese dollar 38 sent per uur is nou van toepassing en verpligtend vir almal in die sektor nadat die Konstruksiebedrywe Federasie en die vakbond Namwu ‘n ooreenkoms bereik het. Dr. Leake Hangala van Hangala Construction sê dit is ‘n wen-wen ooreenkoms.