Minimumloon gaan dalk met 8% in SA styg

Die Nasionale Minimumloon-kommissie van die Suid-Afrikaanse departement van arbeid het ‘n verhoging van agt persent op die huidige minimumloon voorgestel – ‘n samestelling uit die verbruikersprysaanwyser plus 0,5 tot tot een persent vir 2023. Die aanpassing kan ‘n verhoging tot 25 Suid-Afrikaanse rand 13 sent per uur in die loon meebring teen die huidige inflasiekoers. Die kommissie se voorsitter, Adriaan van der Walt, sê hulle wil toesien dat die waarde van die nasionale minimumloon nie relatief tot die mediaan-loon daal nie. Belanghebbendes het tot 13 Januarie om op die voorstel te reageer.