‘Mini-tornado’ tref Wallis

‘n ‘Mini-tornado’ het Wallis getref terwyl winde van 65 kilometer per uur gewaai en swaar reën vanmiddag oor die Verenigde Koninkryk uitgesak het. Die weerdiens het ‘n waarskuwing vir sterk winde vir Wallis aangekondig. Dit kom nadat soortgelyke waarskuwings in plek was oor groot dele van suidelike tot noordwestelike Engeland, sowel as in Noord-Ierland en Skotland. Die weerdiens waarsku teen vertragings in vervoer, oorstromings en kragonderbrekings, terwyl diegene in kusgebiede groot golwe kan sien. Donderweer en weerlig kan ook in dele van Engeland en Wallis voorkom. Meer as 100 vloedwaarskuwings is regoor die land in plek