Minder as 20% van SAPS-lede is opgelei in geslagsgeweld

Die Suid-Afrikaanse Kommissie vir Geslagsgelykheid se onlangse navorsing dui aan ongeveer 19 persent van polisielede is opgelei om sake van geslagsgeweld te hanteer. Die waarnemende voorsitter, Nthabiseng Moleko, sê daar is ‘n gebrek aan reaksie vanaf die polisie oor geslagsgeweld. Moleko sê hulle doen ‘n beroep op die polisie om opleiding oor geslagsgeweld tot minstens 80 persent te verhoog. Sy sê in 43 persent van die brandpunte wat bestudeer is, word sake dikwels onttrek: