Miljoene kubieke meter water verdamp – Neckartal lê onbenut

Volgens NamWater se weeklikse dambulletin, het die Neckartaldam 1,9 miljoen kubieke meter in een week weens verdamping verloor. Konstruksie aan die Neckartaldam op die Visrivier in die Karas-streek het in 2013 begin en die dam se koste het 5,6 miljard Namibiese dollar beloop. Die water van die dam word glad nie gebruik nie omdat die landbouministerie nog nie die 5 000 hektaar vir die beplande groenskema kon aankoop nie. Dr. Peter Cunningham, ‘n Namibiese ekoloog sê damme is nie ‘n goeie manier om water te berg nie.