Miljoene deur Trasnet verloor as gevolg van vandalisme

Die DA in Gauteng het sy kommer uitgespreek oor Metrorail se verlies van 76 miljoen Suid-Afrikaanse rand weens vandalisme en diefstal by treinstasies tussen Januarie verlede jaar en Februarie vanjaar. Dit is deur die LUR vir Vervoer, Jacob Mamabolo, bekend gemaak, tydens vrae deur die party in die provinsiale wetgewer. Fred Nel van die DA sê 271 lokomotiewe en 336 passasierswaens is ook gevandaliseer wat ‘n verlies van 801 miljoen rand beteken.