Militêre vlugte uit Afghanistan hervat

Militêre vlugte wat diplomate en burgerlikes uit Afghanistan ontruim, is vroeg vanoggend hervat. Dit volg nadat die aanloopbaan by die lughawe in Kaboel ontruim is van duisende mense wat desperaat was om te vlug nadat die Taliban die hoofstad oorgeneem het. ‘n Westerse sekerheidsbeampte het aan internasionale nuusagentskappe gesê die aantal burgers op die lughawe het intussen verminder. Amerikaanse magte het Sondag beheer oorgeneem van die lughawe nadat militante ‘n dramatiese week in die land afgesluit het met hul oorname van die hoofstad. Vlugte was gister meestal opgeskort.