Militêre spanning tussen Taiwan, China ergste in 40 jaar

Militêre spanning tussen Taiwan en China is op sy ergste in die afgelope 40 jaar, het Taiwan se minister van verdedging, Chiu Kuo-cheng, gesê. ‘n Rekord aantal Chinese vliegtuie het oor die eiland se lugverdedigingsone gevlieg. Amerikaanse President Joe Biden het gesê hy het met sy Chinese eweknie, Xi Jinping, oor Taiwan gepraat en hulle het saamgestem dat die Taiwan-ooreenkoms eerbiedig moet word.