Microsoft koop videospeletjie-vervaardiger vir US$69 miljard

In wat beskryf word as die grootste verkoopsooreenkoms in die geskiedenis van die videospeletjie-industrie, het Microsoft Activision Blizzard vir 68,7 miljard Amerikaanse dollar gekoop. Luisteraars wat nie weet wat Activision Blizzard is nie… dis die vervaardiger van speletjies soos Candy Crush en Call of Duty vervaardig. Microsoft besit die X-Box toestel wat die afgelope paar jaar nie so goed soos Playstation gevaar het nie en dit is nie bekend of daar enige toekomstige beperkings op toestelle soos Playstation sal wees nie.