Mianmar-base gryp suurstof, sê pasiënte moet mediteer

Mianmar se regerende militêre-junta het volgens die uitvoerende direkteur van Human Rights Watch Kenneth Roth, beheer gevat oor al die suurstofvoorraad in die land terwyl ‘n derde vlaag van Covid-infeksies regdeur die land voorkom. Volgens die jongste syfers is amper 4 000 nuwe gevalle in 24-uur aangemeld met net minder as 220 sterftes. Die land se mediese infrastruktuur gaan ook gebuk onder die vraag na behandeling. Roth sê ‘n regeringskoerant in die land, The Global berig dat owerhede sê mense wat sukkel om asem te haal en nie genoeg suurstof kry nie, moet mediteer. Volgens die berig moet Covid-pasiënte mediteer en in en uit asem haal en dit sal help.