Miah, 11, vertel van skoolskietery in Uvalde

‘n Jong oorlewende van verlede maand se dodelike skoolskietery in Uvalde in die Verenigde State het haar angswekkende ervaring met die Amerikaanse Huis se oorsigkomitee gedeel. Die 11-jarige Miah Cerrillo het haarself met die bloed van een van die slagoffers besmeer en dood gespeel om te oorleef.