Mexikaanse president wil vredesooreenkoms met kartelle hê

Mexiko se President Andrés Manuel López Obrador sê hy sal ‘n vredesooreenkoms met die land se magtigste kartelle ondersteun in ‘n poging om die bloedvergieting te stop. Volgens berigte het meer as 100 000 mense sedert 1964 in Mexiko verdwyn, die meeste van hulle die afgelope 15 jaar sedert die regering se oorlog teen kartelle begin het. López Obrador sê die idee vir ‘n ooreenkoms met die kartelle het ontstaan uit die desperaatheid van gesinne, wat keelvol is vir die regering se gebrek aan reaksie op die krisis van vermiste mense.