Meulens stoot pryse op

Namib Meulens het prysstygings van sy mahangu, suiker, rys, koring en brood aangekondig. Die nuwe pryse tree op 1 September in werking. Die prys van rys styg met 4 persent terwyl Pasta Polana opgaan met 6 persent. Sy suiker, koringmeel en brood styg met 3 persent terwyl sy Meme Mahangu, Pasta King, Pasta Homebrands en Pasta La Vita styg met 2 persent. Volgens die maatskappy is die stygende brandstofpryse sowel as die inflasie van ongeveer 4 persent deel van die redes vir die prysverhoging. Droogte-toestande in koring-produserende gebiede en logistieke uitdagings soos ‘n tekort aan vraghouers en ‘n skerp styging in die koste van vragvervoer het ook bygedra tot die besluit.