Meta heroorweeg Trump se Facebook-verbod

Meta, wat Facebook besit, oorweeg op die oomblik of oudpresident Donald Trump weer toegelaat moet word op die platform. Nadat Facebook Trump in Januarie 2021 ná die Capitol-aanval verbied het, het die maatskappy gesê hy sal sy status oor twee jaar heroorweeg. Trump het nou sy eie sosialemediamaatskappy, Truth Social, en terwyl sy Twitter-verbod gelig is, het hy nog nie daarvan gebruik gemaak nie. Hoewel daar geen wetlike reg in die VSA is vir Trump of enigiemand anders is om op sosiale media te wees nie, probeer Republikeine in Florida en Texas om wette te skep wat sosialemediamaatskappye sal verhoed om sekere plasings te verwyder. Meta sê hy sal binnekort ‘n aankondiging maak.