Merkel het kommer oor Delta-variant

Die Duitse kanselier, Angela Merkel, waarsku dat Europa diep in die moeilikheid kan wees nadat gesondheidskenners van die Europese Unie gesê het die Delta-variant van Covid-19 kan teen laat Augustus 90 persent van die gevalle in die groepering verteenwoordig. Die Alpha-variant wat eerste in Brittanje identifiseer is, het die streek vroeër vanjaar swaar geslaan. Delta is nou die oorheersende variant in Brittanje en 40 tot 60 persent meer oordraagbaar. Merkel sê die res van die EU behoort Duitsland se voorbeeld te volg en alle aankomelinge uit Brittanje in kwarantyn te plaas om die verspreiding van die variant te beperk.